Leer My Lees: Vlak 1 Grootboek 3: Tippie se jas (Paperback)
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Leer my lees met Tippie, Vlak 1 is trots Suid Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroeë geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoë frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avonture. Leer my lees het baie herhaling en duidelike progressie wat steeds natuurlike ontwikkeling in gedagte hou. Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.