Skip to content

Valskermbataljon Verhale 2 (Paperback)

by Mike Bolhuis
ISBN: 9781997476344
Product in Stock: Yes
Original price R 275.00 - Original price R 275.00
Original price
R 275.00
R 275.00 - R 275.00
Current price R 275.00
Add to Wishlist

Met die reusesukses van Valskermbataljon-verhale wat verlede jaar verskyn het, is daar ʼn  groot aanvraag vir nog stories uit die penne van valskermsoldate wat elkeen op ʼn unieke  manier en in hul eie woorde hul ervarings in dié elite-eenheid deel. Derhalwe verskyn  Valskermbataljonverhale 2 propvol nog uitsonderlike ware verhale vanjaar.

Die aanvraag vir ʼn opvolgboek het nie slegs van lesers gekom nie, maar ook van talle valskermsoldate wat ook graag hul stories van uiters uitdagende opleiding, operasionele kontak met die vyand, kameraadskap en humor wil deel. Stories wat hulle al vir dekades  met hulle saamdra en nou met almal kan deel. Soos met die eerste boek is hierdie stories  van deernis, waagmoed, waaghalsigheid, deursettingsvermoë en uiterste lojaliteit, geskryf  in die taal en styl van elke individuele soldaat; elkeen se eie ervarings in sy eie woorde in  beide Afrikaans en Engels. Stories wat eerlik en opreg geskryf is, oor ʼn tyd wat die lewens  van duisende soldate en hul geliefdes onomkeerbaar verander het.

Valskermbataljon-verhale 2 is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor,  vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink. Hierdie is ʼn boek nie net vir en oor soldate nie, maar vir elkeen wat nog ooit gewonder het oor die manne in maroen, hul valskerms en die eenheid.

x

x