Multivers: 'n Nuwe stem in Afrikaase poesie!
Original price
R 175.00
-
Original price
R 175.00
Original price
R 175.00
R 175.00
R 175.00
-
R 175.00
Current price
R 175.00
Uit stof, ster, planete word daar poesie gemaak. Die digter verken die geskape Univers met fyn aanvoeling en vernuf. Hier is 'n poetiese fisikus op sy allerbeste. Hennie Smith se aanleg vir wiskunde en wetenskap het hom tot 'n doktorsgraad in fisika geneem en 'n suksesvolle navorsingsloopbaan in Suid-Afrika en Frankryk. Sy aanvoeling vir poesie het hom egter deurgaans besiel en hy het telkens woorde gevind om emosiebelaaide insigte in verse neer te pen. Die fisika en kosmologie word vir hom 'n teleskoop om van die einders van die kosmos in te kyk op die binneruimte van menslike emosie. Hier is van die kragtigste gedigte in Afrikaans wat die leser as 'n gedagtegolf tref en met nuwe denke oor die poesie laat. Die intense gedigte oor die roering en spanning tussen die manlike en vroulike het ook 'n kosmiese inslag wanneer hy soos Goethe in sy Faust ervaar dat die ewig vroulike hom motiveer en die volheid van die syn laat beleef. 'n Aantal verse reik uit na die grense van religie en filosofie. Hier is 'n bundel wat die grense van dig-denke roer en verbreed.