Skip to content

Andolet (Paperback)

by Petronel Louw
ISBN: 9780799388978
Product in Stock: Yes
Save 28% Save 28%
Original price R 165.00
Original price R 165.00 - Original price R 165.00
Original price R 165.00
Current price R 119.00
R 119.00 - R 119.00
Current price R 119.00
Add to Wishlist
Dit is 1899. Oorlede Simon, Andolet se aanneempa, bemaak haar, soos ? besitting, as bruid aan ? onbekende pionierboer, Christian Nitze, woonagtig op sy plaas in die verre Duits Suid-Wes Afrika. Sy reis saam met haar diensmeisie, Leila na die vreemde, nuwe land. Christian daag nie op om haar in Walvisbaai te ontmoet nie, maar stuur sy nors neef, Ferdinand, om ? “in proksie”-huwelik met haar te sluit. Die uitmergelende tog met die ossewaens van Walvisbaai, deur Swakopmund na Windhoek, leer haar oor meer as net die barre Dorsland waardeur hulle trek. Dit laat ? vlam tussen haar en Ferdinand ontspring, maar dit mag nie. Sy is, ná alles, ? getroude vrou. Andolet maak vroeg kennis met die onrus tussen die Herero’s en die boere. Dit noop haar en Leila om by Dawid se mense, die Boesmans, in die wildernis te gaan wegkruip totdat Ferdinand haar uiteindelik na Heimat, Christian se plaas, toe vergesel. Haar skuldgevoel toe Christian haar verwelkom, laat haar haar liefde vir Ferdinand sonder sukses onderdruk. Haar lewe is in gevaar toe dit bekend word dat die hoofman van die Herero’s haar wil ontvoer. Die aankoms van haar sogenaamde Franse familie begin egter stadig haar ware identiteit ontbloot …

x