Skip to content

Jy is my Droom (Paperback)

by Alma Carstens
ISBN: 9781776359400
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
Drome kan bewaarheid word

Ellie se eerste onmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Reeds met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy haar geliefde hond, Rudolf, van sy eiendom kom verwyder. Al hou hy nie van honde nie, voel sy steeds verplig om die nuwe intrekker touwys te maak op die dorp.

Simon keer terug na Bloubaai na twintig jaar in Hollywood as ‘n suksesvolle draaiboekskrywer. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na ’n morsige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm.

Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie...

x