Skip to content

Kleur en karamel

by Lapa Publishers
ISBN: 9780639607252
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
Waarheen sal jou hart jou lei as jy braaf genoeg was om te volg?

Wanneer 'n gebroke verhouding vir Hanri terugdryf na haar tuisdorp Swellendam, begin sy huise verf, vasberade om vroualleen 'n suksesvolle verfbesigheid staan te maak. Op 'n projek ontmoet sy vir Lily, 'n nuweling op die dorp wat 'n koffiewinkel en bakkery kom oopmaak. Van die begin af is Hanri gefassineerd deur Lily, al probeer sy haar hart keer. Lily stel nie belang nie en vind nog haar voete ná 'n egskeiding. Wanneer Hanri se beste vriend, Hein, vir Lily begin uitneem, lyk dit asof dié twee 'n verhouding aanknoop. Hanri wil nie vir Hein as vriend verloor nie, maar kan ook nie haar gevoelens vir Lily wegsteek nie. En vir derde wiel speel sien sy nie kans nie. Liefde is egter vreemd, en niemand kan voorspel waar die hart jou sal lei wanneer jy begin luister nie.

Kleur en karamel is Romanza se eerste gay romanse. Dit kyk na die kwessies waarmee homoseksuele paartjies steeds in ons samelewing sukkel, maar hanteer dit met empatie en 'n ligte hand.

x