Skip to content

Lulu en die Liefdesghoeroe

by Lapa Publishers
ISBN: 9781776352432
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
Liefde is altyd die moeite werd om voor te veg Ná ’n verhoudingsdroogte van twee jaar, raadpleeg arbeidsterapeut Lulu du Randt ’n man wat hom uitgee vir ’n verhoudingsraadgewer.

Onbewustelik skop sy Kobus Botha, alias Romeo Montague, se voete heeltemal onder hom uit met hul eerste ontmoeting. Hy trap tydens die sessie só klei dat Lulu eerder op die rak sal bly sit as in sy kamtige spreekkamer.

Dit neem nie lank nie voordat sy besef dat die einste Kobus baie beter vaar in die liefde se praktiese sy as met die teorie. Kobus se vriende maak die lewe ook nie vir hom makliker wanneer dit kom by sy verhouding met Lulu nie. Sy word Kobus se grootste uitdaging en hy werp alles in die stryd tot geluk.

Maar is dit genoeg om Lulu se hart te wen?

x