Skip to content

Tweedehandse lewe, 'n

by Didi Potgieter
ISBN: 9781776350704
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
'n Nuwe begin vir almal ...

Dokter Carla Nel is vir die eerste keer in ʼn baie lang tyd enkellopend. Nou maak sy planne om die stukke van haar lewe so gou moontlik op te tel en haar grootste droom te bewaarheid. Sy koop ʼn praktyk en ʼn huis op die kusdorpie, Soutstrand, wat albei net soveel restourasie as haar lewe nodig het. Kobus Retief is ʼn enkelouer met meer hooi op sy vurk as wat hy kan hanteer, maar wanneer hy moet help om die nuwe dokter se praktyk en sommer ook haar huis op te knap, herinner iets hom dat hy ʼn man ook is. Carla se planne sluit egter nie ʼn man in nie en Kobus kan haar niks anders as ʼn tweedehandse lewe bied nie. Tog laat die liefde hom nie keer nie en voor Carla hom kan stop, restoureer Kobus haar vervalle hart en word sy deel van ʼn lewe wat haar wildste drome oortref.

Met 'n Tweedehandse lewe beweeg Didi Potgieter weg van haar Harte-reeks en gee weer 'n nuwe blik op liefde. Die verhaal ondersoek verhoudings tussen ouer mense wat reeds ervaring van die lewe het. Mediese romanses is baie populêr en die hoofkarakter hier is 'n dokter.

x