Skip to content

'n Warrelwind (Paperback)

by Dina Botha
ISBN: 9781776359509
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronje, beplan 'n familiefees en vra of haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op.

Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Sy sleep hom saam winkels toe sodat hy haar Kersfeesaankope kan dra, help geskenke toedraai en selfs dat om in die kombuis help. Louis is boonop 'n regte ou knorpot en hou haar op 'n afstand, maar ten spyte daarvan kan sy hom net nie uit haar gedagtes kry nie.

Daar is egter net een probleem: Louis woon in die Kaap en is met sy werk getroud. Daar is nie plek vir 'n vrou in sy besige lewe nie. Op haar beurt glo Lillian nie in langafstandverhoudings nie. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.

x