Skip to content

Plus Een (Paperback)

by Didi Potgieter
ISBN: 9781776359981
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
“Haar hande vou om sy nek sodat sy die soen kan verdiep en Jan-Adriaan druk homself stywer teen haar aan. Sy hand soek die soom van haar rok en gly teen haar sagte bene op. Sy duim vryf oor die sagte vel van haar binnebeen, asof dit wag vir toestemming van haar om die verkenning voort te sit.”

Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy ‘n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Na Jan-Adriaan haar ‘n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê.

Wanneer Jaco ‘n besering opdoen, staan Jan-Adriaan in as Lindi se plus een vir haar sussie se troue in Namibië. Sy weet nie hoe sy haar ouers gaan laat glo sy hou van die man wat ‘n doring in haar vlees is nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle en Lindi val baie harder vir Jan-Adriaan as wat sy verwag.

Ongelukkig dink hy steeds sy is ‘n gewetenlose fortuinsoeker, veral omdat sy met oorgawe op sy liefkosings reageer die oomblik toe Jaco uit die prentjie is. Maar die hart bly soek na sy plus een, maak nie saak hoe hard daarteen baklei word nie.

x