Skip to content

Tango met 'n Twist (Paperback)

by Rina Cilliers
ISBN: 9781776359547
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wereldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwereld het.

Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uiteindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as au pair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook, sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef.

Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoens en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.

x