Skip to content

Afrikaans 8 Book Bundle (Paperback)

Save 26% Save 26%
Original price R 2,285.00
Original price R 2,285.00 - Original price R 2,285.00
Original price R 2,285.00
Current price R 1,690.01
R 1,690.01 - R 1,690.01
Current price R 1,690.01
Add to Wishlist
Seuns Sonder Pa's (Paperback)

In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie ’n pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede. Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie?

Arendsvlerke vir Siebert (Paperback)

Liewe Here, ek verstaan nie. Help my. Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig. Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Hierdie boek is die eerste fiksie boek vir volwassenes uit LAPA Uitgewers se nuwe druknaam, LUCA, wat fokus op geestelike fiksie en niefiksie.
Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.

Die Derde Spoel (Paperback)

Wenner van die Hertzogprys vir Fiksie vanaf die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon. In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, ’n soektog wat ’n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van ’n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem. Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort. Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die Derde Spoel, waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.

Die Opstand Van Poppie Nel (Paperback)

Liefde is al wat vir die mens oor is. Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel ... Nou ja. Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.

Aanspreeklikheid (Paperback)

Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie?

Brandmerk (Paperback)

Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in. Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè. ’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor. Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe werk. Klara moes self die stukkies van haar lewe optel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige. Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

Kammaland (Paperback)

Weinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim vir drie maande van afsondering op ’n kanaalboot in die verre Engeland. Op hul eie. Sonder ervaring. Sonder ’n bootliksens. Sonder die voorwete dat alles goed sal afloop. Annelie en die ou gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die snerpende winter in te vaar. Om te toets wat hulle ná vier-en-veertig jaar van saamwees in mekaar oorhet. Om te besin oor die roete van die allerlaaste vyftien sterkerige jare wat dálk voorlê. Om herinneringe te vergaar vir die stil dae op die ouetehuisstoep. En om mekaar vergifnis te gee vir sovele sondes. Min sou hulle kon voorsien dat die reis van hosannas ook ’n reis van tappende ontberings en rasperende emosies sou wees. En dat hulle meer as een maal die boot wou verlaat en die kinders bel om hulle te kom haal. Maar tot op die een-en-neëntigste dag het hulle vasgehou aan die idille. En aan mekaar.

Toekomsmens (Paperback)

Pretoria, 2057. Dertig jaar ná Johannesburg in ’n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid–Afrika deur die Toekomsparty en ’n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer ’n militêre observasiesatelliet ’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek. Op dieselfde dag word In–Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in ’n aanval vernietig. In chaos wat volg, aktiveer Kel In–Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, ’n vroulike spioen in Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.

x