Skip to content

Kammaland (Paperback)

by Annelie Botes
ISBN: 9781776094158
Product in Stock: Yes
Save 37% Save 37%
Original price R 300.00
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
Current price R 189.00
R 189.00 - R 189.00
Current price R 189.00
Add to Wishlist
Weinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim vir drie maande van afsondering op ’n kanaalboot in die verre Engeland. Op hul eie. Sonder ervaring. Sonder ’n bootliksens. Sonder die voorwete dat alles goed sal afloop.

Annelie en die ou gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die snerpende winter in te vaar. Om te toets wat hulle ná vier-en-veertig jaar van saamwees in mekaar oorhet. Om te besin oor die roete van die allerlaaste vyftien sterkerige jare wat dálk voorlê. Om herinneringe te vergaar vir die stil dae op die ouetehuisstoep. En om mekaar vergifnis te gee vir sovele sondes. Min sou hulle kon voorsien dat die reis van hosannas ook ’n reis van tappende ontberings en rasperende emosies sou wees. En dat hulle meer as een maal die boot wou verlaat en die kinders bel om hulle te kom haal.

Maar tot op die een-en-neëntigste dag het hulle vasgehou aan die idille. En aan mekaar.

Price & availability exclusive to the online store.

x