Skip to content

Pyltjies Innie Sand (Hardcover)

by Francis Grobler
ISBN: 9780620376563
Product in Stock: Yes
Save 40% Save 40%
Original price R 180.00
Original price R 180.00 - Original price R 180.00
Original price R 180.00
Current price R 108.00
R 108.00 - R 108.00
Current price R 108.00
Add to Wishlist
Die bundel is vars. Anders. Nostalgies, universeel en Suid-Afrikaans. Dit raak aan teenoorgestelde pole en uiterstes, soms met 'n tikkie humor. Die titel en die bladontwerp is aanvullend tot die inhoud en ontlok onmiddellik 'n dieper soeke na die onderliggende boodskap. Dit dek 'n wye spektrum digvorme, vanaf swaar rooiwyn- en kaggelvuur-ballades, epies-liriese dramatiese digstukke, wat afgewissel word met ligte satires, met 'n goeie skakering tussen-in. 'n Fyn onvermoeiende balans. Elke denkbare emosie word in kunstige prosa - soms in ongebonde styl en beskrywende, verhalende letterkunde - met sorgvuldige woordkeuse in verstandstaal vasgepen en verwoord. Retoriese vrae rakende sosiale, religieuse en emosionele kwessies kom af en toe gesigwys op die voorgrond.

Dikwels verruil die skrywer die werklikheid vir die vlerke van drome, en neem die leser onwillekeurig saam. Sestien van hierdie gedigte is geniaal getoonset deur Tony Ridgway. Dit word gesing deur die bekende sanger, Wynand Strydom, wat met sy uitsonderlike stem die atmosfeer waarin die gedig geskryf is, perfek weergee en komplimenteer. Die CD is by die bundel ingesluit en word as 'n eenheid bemark. Voorwaar 'n onontbeerlike koffietafel-noodsaaklikheid.

Price & availability exclusive to the online store.

x