Skip to content

Superskurk

by Wordsworth Books
ISBN: 9780799388794
Product in Stock: Yes
Original price R 170.00 - Original price R 170.00
Original price R 170.00
R 170.00
R 170.00 - R 170.00
Current price R 170.00
Add to Wishlist
Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie. Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad. ’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef. Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op ’n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek. Maar iets is nie pluis nie. Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond? Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie? Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in ’n geveg was? Daar is net een manier om uit te vind ...

x