Memoires van 'n soldaat (Hardcover)
Die ideale Vadersdag geskenk.
• Daarna is dit ‘n gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
• Kunstig saamgestel, duursaam en inspirerend.
• Nie net ‘n mooi geskenk nie, dis ‘n kunswerk en ‘n erfstuk.
• Die boek bestaan uit 8 hoofstukke met gepaste digkuns en kunswerk wat jou op reis neem – deur jou eie weermag herinneringe.
• Daar is ‘n stewige koevert waarin die oorlog veteraan memorabilia soos foto’s, dokumente, balkies en ‘n usb (vir video’s, foto’s en stemboodskappe) kan plaas.
• Dit bevat ook kaarte waarop oud makkers kan aandui waar hulle opleiding ontvang het en aangewend is.
• Die boek sluit ‘n kleiner handleiding in wat inspirasieprikkelaars (prompts) bevat. Die doel is om leiding te gee, sonder om voorskriftelik te wees.
Verwysing deur Dana Snyman
Soveel van ons het te lank stilgebly oor ons ervarings in die weermag – die “army”, soos ons dit steeds noem. Ek praat van ons van wie verwag is om verpligte militere diensplig te doen – die lot van ‘n paar honderdduisend jong mans tussen 1967 en 1994. Vir baie van ons is daardie oorlog steeds aan die gang. In ons koppe. Daarvan getuig hierdie nodige boek. Ons is army toe gestuur om ‘n man te gaan word. ‘n Man huil nie. Bevry jouself en vertel jou storie so eerlik as wat jy kan. Dis genesend.