Skip to content

Percy Jackson 1: Weerligdief

by Rick Riordan
ISBN: 9781485900641
Product in Stock: Yes
Original price R 190.00 - Original price R 190.00
Original price R 190.00
R 190.00
R 190.00 - R 190.00
Current price R 190.00
Add to Wishlist
Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ’n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ’n paar van hulle woedend vir hom. Zeus se meesterweerligstraal is gesteel, en Percy is die hoofverdagte.

Nou het Percy en sy vriende net tien dae om Zeus se gesteelde eiendom op te spoor en terug te besorg, anders gaan daar oorlog op die berg Olimpus uitbreek. Maar as hy sy heldetaak wil voltooi, sal Percy meer moet doen as net die dief vastrek hy sal vrede moet maak met die pa wat hom nie wou hê nie; hy sal die raaisel van die Orakel moet oplos, wat hom waarsku dat ’n vriend hom gaan verraai, en hy sal ’n konkelplan moet probeer fnuik wat magtiger as die gode self is.

x