Skip to content

Kostalgie: Geure van my Lewe (Hardcover)

by Barbara Joubert
ISBN: 9780620651905
Product in Stock: Yes
Original price R 454.00 - Original price R 454.00
Original price R 454.00
R 454.00
R 454.00 - R 454.00
Current price R 454.00
Add to Wishlist
Kostalgie is Barbara Joubert se nostalgiese "kos"- reise deur lande van die wêreld. Dit begin in die Karoo, waar sy gebore is, met resepte en herinneringe uit haar kinderdae. Sy kombineer 'n kykie terug in die verlede met ietsie modern. In Parys, Frankryk het sy ontdek dat Franse kookkuns ná aan tuiskos is -- soos beesvleis in rooiwyn gestowe. Portugese is weer die nasie wat seekos en varkvleis ken. Joubert het nege maande in Londen gewoon en "pub" kos was haar inwyding in die Britse kookkuns. Tuisgemaakte pasta and ricotta kaaskoek uit Italië is onontbeerlik. Turkye is nog 'n land met interessante kos en hoewel Joubert nooit self daar was nie, is sy geïnspireer deur die restaurant Anatoli, en het sy gevoel dit hoort in die boek. Wonderlike speserye-disse uit Afrika sluit die boek af.

x