Skip to content

Al wat tel (Paperback)

by Irma Venter
ISBN: 9780624094838
Product in Stock: Yes
Original price R 330.00 - Original price R 330.00
Original price R 330.00
R 330.00
R 330.00 - R 330.00
Current price R 330.00
Add to Wishlist

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. En die feit dat die Valke op die toneel is, sê vir haar nog iets: die man was belangrik.

Was dit ’n sluipmoord? Wie is die jong blonde vrou wat saam met die slagoffer was? En wat is dit wat die speurder by die misdaadtoneel optel en in sy sak druk?

Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis, Marc Göttler. Hy ondersoek bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek, ’n paar kilometer anderkant die grens van Suid-Afrika.

Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories, soos Göttler vermoed?

Die enigste oplossing is om die pad te vat, die wildernis in, waar Ami gedwing sal word om uit te vind wat vir haar die meeste saak maak.

Al wat tel is die derde boek in Irma Venter se krimi-reeks met joernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Al wat tel volg op Minder as niks en Die verkeerde vrou, maar kan ook alleen gelees word.

x