Skip to content

As die Liefde Kom (Paperback)

by Corné van Rooyen
ISBN: 9781776358908
Product in Stock: Yes
Original price R 110.00 - Original price R 110.00
Original price R 110.00
R 110.00
R 110.00 - R 110.00
Current price R 110.00
Add to Wishlist
Is die liefde net ‘n mite? Mianke Grové, is ‘n romanskrywer, maar glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot ‘n mite, nes feëverhale. Haar aanstaande swaer vra haar om te gaan uithelp op sy vriend se wildreservaat waar sy die aantreklike natuurgids, Wian Engelbrecht ontmoet. Lank, met donker hare en breë skouers is hy die toonbeeld van die karakters waaroor sy altyd skryf.

Vanaf die intrapslag laat hy haar hart vinniger klop en stuur haar bloeddruk deur die dak. Sy maak haarself wys dis net fisieke aangetrokkenheid, nie verliefdheid nie. Hoe meer tyd sy egter saam met hom spandeer, hoe moeiliker word dit vir haar om te stry teen die gevoelens wat hy in haar wakker maak, veral na hul eerste aardskuddende soen.

Haar hart druk haar in een rigting terwyl haar kop haar op ‘n ander paadjie wil lei. Sy is vasgevang tussen passievolle soene, hartkloppings en haar mite oor die liefde. Die vraag is: Gaan sy ingee tot opregte liefde of gaan sy vir Wian deur haar vingers laat glip?

x