Skip to content

Ben en die Walvisse

by Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624093787
Product in Stock: Yes
Original price R 190.00 - Original price R 190.00
Original price R 190.00
R 190.00
R 190.00 - R 190.00
Current price R 190.00
Add to Wishlist
Walvisse speel in die see ver onderkant die ou voetpaadjies waar Ben en Oupa baiekeer gaan stap. Die windskeef melkhout is hulle uitkykpos. Van daar hou hulle die walvisse dop. “Wonderbaarlik en misterieus,” noem Oupa hulle, “vlieënde reuse van die see!”

Maar later, skuins voor somer, verander dinge: Oupa bly in die bed.

Dae gaan verby . . . en toe word Oupa begrawe. Dis moeilik om tot siens te sê.

Dan neem Pa vir Ben op die bekende voetpaadjie, en onder die melkhout vertel Pa die storie van 'n walviskalf wat lank gelede in hulle baai gebore is, en van die ou bultrug saam met wie die walviskalf graag in die baai rinkink het. Maar die ou bultrug kon uiteindelik nie die tog saam met die ander walvisse na die Antarktiese see aanpak nie, en die jong walvis moes leer afskeid neem.

Hierdie pragtige verhaal oor hoe om verlies te verwerk sal ouers en kinders se harte aanraak. Deur bekende natuurbeelde en -feite word die jong kind gelei tot aanvaarding en berusting.

x