Skip to content

Beste Bianca

by Lapa Publishers
ISBN: 9781776351978
Product in Stock: Yes
Original price R 110.00 - Original price R 110.00
Original price R 110.00
R 110.00
R 110.00 - R 110.00
Current price R 110.00
Add to Wishlist
Om harte te wen is soms moeiliker as om lewens te red. Doktor Bianca Dempsey is 'n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets in die water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Sy ontmoet 'n aantreklike vreemdeling tydens 'n verkenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee, maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime het nie. Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van die watersiekte wil ontbloot. Beste Bianca is die opvolg van Mooiste Eliza wat in 2021 verskyn het. Bianca is Eliza se jonger suster. Hierdie verhaal het 'n sterk spanningslyn wat enige leser sal boei. Die skrywer het duidelik baie navorsing oor watersiektes en biologie gedoen, en vind interessante maniere om haar kennis in te span vir geloofwaardigheid.

x