Die Avonture Van Kuifie 12: Die Skat Van Rackham Die Rooie (Paperback)
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.
In Die skat van Rackham die Rooie is Kuifie en kaptein Sardijn vasbeslote om die skat van die berugte seerower Rackham die Rooie te vind, en hulle vertrek op ’n avontuur om die skeepswrak van die EENHORING op te spoor. Dis egter nie ’n maklike soektog nie, veral toe speurders Brits en Britz en professor Sonneblom betrokke raak. Met die hulp van ’n vindingryke haaivormige duikboot, volg Kuifie die leidrade tot diep in die oseaan.