Skip to content

Die Avonture van Kuifie: Die 7 Kristalballe (Paperback)

by Herge
ISBN: 9781485309932
Product in Stock: Yes
Original price R 160.00 - Original price R 160.00
Original price R 160.00
R 160.00
R 160.00 - R 160.00
Current price R 160.00
Add to Wishlist
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die 7 kristalballe keer die Sanders-Hardmuth-ekspedisie na Europa terug ná n lang reis deur Peru en Bolivia. Hulle bring die mummie van Raskar Kapak saam met hulle terug. Professor Sonneblom voorspel dat daar niks goeds van hierdie grafskending gaan kom nie. Een na die ander verval die sewe wetenskaplikes wat aan die ekspedisie deelgeneem het in 'n vreemde koma, en telkens word kristalskerwe op die toneel gevind.

Brits en Britz se hulp word ingeroep om die saak te ondersoek. Intussen word professor Sonneblom ontvoer en Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn vertrek na Suid-Amerika om hom te probeer opspoor.

x