Skip to content

Die groot drie: 'n Eeu van spotprente in Die Burger

by Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781776090181
Product in Stock: Yes
Original price R 86.09 - Original price R 86.09
Original price R 86.09
R 86.09
R 86.09 - R 86.09
Current price R 86.09
Add to Wishlist
Die Groot Drie bied 'n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wereldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton. Die Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul kniee gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net die drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die Nasionale Party geloods, en die karikatuurkuns ten volle bemeester; die veelsydige Honiball het lesers se empatie gewek met sy speelse styl; en Mouton se uitbeelding van tipies Suid-Afrikaanse tonele het van hom 'n gewilde humorskepper en belangrike meningsvormer gemaak. In hierdie boek gee Francois Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, 'n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat elk van die spotprenttekenaars gelewer het. In hierdie boek gee Francois Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, 'n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat elk van die spotprenttekenaars gelewer het.

x