Skip to content

Kersfeeslysie, Die

by Dina Botha
ISBN: 9781776354924
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
Dis baie moeilik om ʼn superma te wees Dis baie moeilik om ʼn superma te wees as jy enkellopend is. Elani Davis is ook nie die uitsondering nie. Berge skottelgoed, wavragte wasgoed en ’n baba is besig om haar onder te kry. Boonop kry sy nie die diens wat sy van Rent-a-nanny verwag nie.

Iewers moet sy egter ’n streep trek en konfronteer die eienaar van die oppassers, Marion Pelzer. Wat toe nie ’n vrou is soos sy verwag het nie, maar ’n man. ʼn Baie, baie aantreklike man wat blykbaar niks van kinders weet nie. Elani gee hom ’n snipperige tikkie raad: As hy ooit ’n sukses van sy besigheid wil maak, moet hy liefs sy teikenmark leer ken. Marion aanvaar die uitdaging en toe Elani haar voordeur oopmaak, staan Marion op haar drumpel, gereed vir sy eerste les.

Marion vind gou uit dat dit alles behalwe kinderspeletjies is, maar hy besef ook hoe graag hy vir ewig oppasser in dié huis wil speel.

x