Skip to content

Die Kontrak (Paperback)

by Erla-Mari Diedericks
ISBN: 9781776359967
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
Sy maak die kissie oop. In die kissie ontdek sy die volgende: ’n swart veer, ’n swart satynmasker, ’n paar boeie oorgetrek met swart pels, en ’n bottel masseerolie. Marike kyk op.

“Trek uit jou klere,” sê hy saggies, maar sy weet: Dit is nie ’n versoek nie, dis ’n bevel.

Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike haar droomman. Brett is aantreklik, skatryk, en ‘n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met ‘n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word.

Hoe moeilik kan dit tog wees? Veral noudat sy besluit het om mans vir altyd af te sweer, en wild en wragtig in die oomblik te leef. Maar die hart sluit sy eie kontrakte, ongeag wat die verstand vir haar voorsê.

Soos wat Marike meer tyd saam met die enigmatiese Brett deurbring, vat vonke tussen hulle vlam. Totdat hulle terugkeer van ‘n stomende vakansie in Mauritius en hulself in ‘n uiters netelige posisie bevind – en in ‘n kontrak van ‘n heel ander aard.

x