Skip to content

Die Laaste Noot?

by Naledi
ISBN: 9781928530176
Product in Stock: Yes
Original price R 240.01 - Original price R 240.01
Original price R 240.01
R 240.01
R 240.01 - R 240.01
Current price R 240.01
Add to Wishlist
Susanna, 'n musikus, is 'n lewenslustige, suksesvolle vrou - ondernemend en vol waagmoed. Met die Pase vertrek sy na 'n kunstefees. Daar, in 'n spookagtig donker kerk, begin die aanloop tot traumatiese gebeure wat haar lewe binne vier en twintig uur drasties verander. Sy word gestroop van alles wat vir haar kosbaar is - die gebruik van haar vingers en ander ledemate, haar finansiele welvaart, haar geliefde Lucas. Uiteindelik word sy gedurende haar mediese behandeling en fisieke rehabilitasie gelykgemaak met medemense wie se enigste tuiste onder bokse, onder brue was. Haar worsteling met haar verliese en soeke na identiteit lig die sluier oor die invloede in haar verlede, hoe dit haar lank gelede op 'n plattelandese dorpie gevorm het: die onskuld en kameraderie van kinders; die obskure doen en late van die gemeenskappie (dikwels goeie mense); haar worsteling met godsdiens in 'n huis waar die gesin uitmekaar geskeur word deur geloofsverskille tussen ouers. En ook die onnoembare ... Die laaste noot? deur Susanna Pienaar oor haar lewenservarings staan in die teken van "Da Capo al fine" - 'n musikale aanwysing wat beteken: begin weer voor en speel tot die laaste noot ...

x