Skip to content

Kronieke van Narnia 1: Die leeu, die heks en die klerekas (Paperback)

by C.S. Lewis
ISBN: 9781485302155
Product in Stock: Yes
Original price R 180.00 - Original price R 180.00
Original price R 180.00
R 180.00
R 180.00 - R 180.00
Current price R 180.00
Add to Wishlist
Toe die Tweede Wereldoorlog uitbreek, word Edmund, Peter, Susan en Lucy uit Londen weggegestuur om by 'n ou familievriend op die Engelse platteland te gaan woon. Met die dat ou professor Kirke skynbaar heeltemal in sy eie wereld leef, kan die kinders ongestoord na hulle eie vermaak soek in sy yslike ou huis in die middel van nerens. Eers is daar die opwinding van die huis verken: lang gange, eindelose spaarkamers, vertrek op vertrek vol boeke en dan een enorme kamer waarin daar niks behalwe 'n groot klerekas staan nie. Dit, dink Lucy, verdien nadere ondersoek. Terwyl sy nog haar pad deur die rye jasse binne-in die kas oopdruk, voel sy meteens iets sag en poeierig en yskoud op haar val en ontdek dat sy in die middel van 'n woud staan. Dis aand, en daar’s sneeu onder haar voete en sneeuvlokkies dwarrel deur die lug. Lucy het sowaar in die vreemde towerwereld van Narnia beland. Die tweede avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia ¬– meesterlik vertaal deur Kobus Geldenhuys.

x