Skip to content

Die Loutering van Manon Viljoen (Paperback)

by Chris Marnewick
ISBN: 9781991256188
Product in Stock: Yes
Original price R 275.00 - Original price R 275.00
Original price R 275.00
R 275.00
R 275.00 - R 275.00
Current price R 275.00
Add to Wishlist
Ná ’n liefdesteleurstelling verdiep Manon Viljoen haar volkome in haar praktyk as advokaat en rits sy naweke op haar motorfiets in die bosse om Durban rond Maar nou, agt jaar later, is Nantes Castel terug in haar lewe Net toe sy gereed is om hom van die baba te vertel, vind hy die rugby op TV boeiender as vir haar En wie is die vrou wat Doc Martens stewels dra, met sy Porsche rondrits, sy inkopies vir hom doen, en sê sy is lief vir hom?

Reeds vies vir alles wat met rugby te doen het, word sy ingetrek in ’n verhoor oor rugbyspelers se breinbeserings Sy word ook deur iemand geteiken en word twee keer so ernstig beseer dat sy harsingskudding opdoen Om haarself te vind onderneem sy ’n pelgrimstog Vir twee weke stap sy saam met ’n man wat sy skaars ken ,,’n man met sy eie bagasie,bagasie,’n volgeling van die filosoof Marcus Aurelius, en iemand met ’n obsessie oor die Oscar Pistorius verhoor Sal die Camino de Santiago de Compostela Manon help om haar ewewig te herwin? Kan sy vrede maak met Nantes, sy liefde terug wen? En hoe versoen sy,sy,’n vrou wat gesteld is op haar onafhanklikheid, die fantasie van die huwelik met die versmorende werklikheid daarvan?

'n Hele paar belangrike besluite wag op Manon ná haar pelgrimstog Hierdie is 'n boeiende liefdesverhaal, speurverhaal en hofdrama, alles in een.

x