Skip to content

Donkertyd: My naam is Tina

by Lapa Publishers
ISBN: 9780637002974
Product in Stock: Yes
Original price R 290.00 - Original price R 290.00
Original price R 290.00
R 290.00
R 290.00 - R 290.00
Current price R 290.00
Add to Wishlist
Wanneer vrees die verhouding tussen pa en dogter oorheers, trek die vorentoe kyk op die lewe vir Tina Joubert skeef. Sy is tot haar misnoee vernoem na haar ouma Geertina, op haar beurt n troosnaam vir haar vader, Geerton, wat in diepe droefheid versink het by die aanhoor dat daar nie vir hom n manlike erfgenaam sou wees nie. Vir die mense na aan haar word sy Tina, haar pa egter volhard met Geertina. Tina vertel die verhaal van haar pad saam met haar pa, Servaas, haar ma Annie, en haar broer Sarel, vyf jaar ouer as sy, die sondekind van haar pa en ma, op die plaas Die Laagte waar vyf geslagte Jouberts reeds jare lank n bestaan maak. Tina se grootste sonde, waaraan sy dikwels herinner word, is dat sy "dik" is - sy en haar ma "vreet" heeldag. Servaas is n karakter vol teenstrydighede. Tuis is hy n bullebak, buite die grense van die plaas raak hy opdringerig joviaal. "Vergewe jul Pa," maan Annie telkens wanneer Servaas sy onbeteulbare woede op sy kinders uithaal, "sy kindertyd was donker." Annie, sag, mollig en getrou aan haar huwelik en haar man, het skynbaar haar lot aanvaar. Wanneer Tina byvoorbeeld een oggend haar ma vra: "Wanneer kry ek n boetie of n sussie?" kom Servaas onverwags by die agterdeur in en antwoord: "Nie solank ek langs n seekoei slaap nie." Tina wil veearts word. Haar pa weier om geld te gee - "jou ma het jou mos al klaar geleer om varke vet te voer. Gaan vang vir jou n dokter." Sy sien wel n uitweg, weg van die plaas en Servaas af, om n dak oor haar kop te kry, geld in haar sak en om student te wees - sy word n verpleegster. Maar boelies bly boelies, varke bly varke, dit wee Tina na haar ma in Tina se eerste jaar weg van die huis sterf. En haar pa bly haar pa, veral toe sy liefdeslewe vlerke kry.

x