Skip to content

Elikser

by Frenette van Wyk
ISBN: 9780639604220
Product in Stock: Yes
Original price R 240.01 - Original price R 240.01
Original price R 240.01
R 240.01
R 240.01 - R 240.01
Current price R 240.01
Add to Wishlist
Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …

x