Skip to content

God Waar Is U

by John Bevere
ISBN: 9781415341025
Product in Stock: Yes
Original price R 184.00 - Original price R 184.00
Original price R 184.00
R 184.00
R 184.00 - R 184.00
Current price R 184.00
Add to Wishlist
Hierdie boek sal lesers help om die wildernis te oorleef en alles aan te gryp wat God vir hulle beplan het.

 

Voel jy vasgekeer deur jou lewensomstandighede? Wonder jy: “God, waar is U?” Miskien het God nog altyd met jou gepraat, maar nou is sy stem skielik stil. Miskien het jy al ver gevorder op jou geloofspad, maar nou is God nêrens te vinde nie. Welkom, in die wildernis – die plek waar jy reeds God se belofte vir jou lewe ontvang het, maar nou wag jy dat dit bewaarheid word.

Maar daar is goeie nuus: Hierdie plek is nie ’n lewelose woestyn nie. God gebruik die wildernis om jou voor te berei en toe te rus om jou lewensdoel te bereik – dis nou te sê dat jy dié tyd reg gebruik. In hierdie insiggewende boek, verskaf die topverkoperskrywer John Bevere die belangrikste Bybelse waarhede en vele ontsagwekkende stories wat jou sal help om jou geloofsdroogte en moeilike seisoene te oorleef, en alles aan te gryp wat God vir jou beplan het.

John Bevere en sy vrou Lisa is die stigters van Messenger International. John se boeke, wat reeds in meer as 60 tale vertaal is, sluit in Die strik van Satan, Goeie werke of God en Ontmoet die Heilige Gees. Hy is ’n internasionale spreker en mede-aanbieder van die “The Messenger”-TV-program wat wêreldwyd uitgesaai word. John, sy vrou en hul vier kinders woon in Colorado Springs in die VSA.

x