Skip to content

Hans Bars die Bioborrel (Paperback)

by Rudie van Rensburg
ISBN: 9780795802256
Product in Stock: Yes
Original price R 264.99 - Original price R 264.99
Original price R 264.99
R 264.99
R 264.99 - R 264.99
Current price R 264.99
Add to Wishlist
Dis 2020, en Huis Madeliefie betree die grendeltyd, gewapen met kilogramme seep. Vasie weet nie hoe hy gaan oorleef sonder ’n sopie nie, Skoorsteen Pelser is diep beswaard oor die tabakverbod, en die beheerraad se summiere inperking, sommer nog voor Vlak 5 ’n aanvang neem, en drakoniese reëls stuit Hans lynreg teen die bors. Dis dan Matrone Van Dussen van voor af! Hans is sommer spyt hy’t uit die beheerraad bedank.

Maar wat, Hans en trawante is mos óú vryheidstryders. Sy destydse versetkabinet teen die Van Dussenonderdrukkingsregime is egter nie meer voltallig nie: twee van die oues is nou in die versorgingseenheid, en Liesbet loop boonop oor na die vyand wanneer die nuwe hoof van die inwonersraad, Altoon Ahlers, haar ’n rol gee in sy tehuistoneelstuk en sy pens en pootjies val vir sy vername aansitterigheid.

Hans en kie gaan oor tot lydelike verset in die vorm van pynappelbier, reddingsbesoeke aan Covidsiekes, en ’n algemene vinger in die oog vir Altoon en sy gespuis.

x