Skip to content

In die naam van liefde

by Frenette van Wyk
ISBN: 9781776351794
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist
As haar sprokiesverhaal 'n gelukkige einde gaan hê, sal sy daarvoor moet baklei.

Ná tien jaar daag Romain weer op by Kleinroosboom, die plaas waar Fleur met haar stiefma en twee stiefsusters bly. Fleur is steeds verlief op hom, maar Romain wil skynbaar net die magiese bos hê waar Fleur nou al jare bly, en hy is bereid om met enigeen van die drie dogters te trou om dit te kry.

Met die hulp van 'n towerstaf wat haar pa lank gelede vir haar gegee het, moet Fleur keer dat Romain nie met Danica of Nikita trou nie, dat sy haar bos behou, en ook haar grootse geheime bewaar. Maar haar stiefma, Amelda, pers haar af. Sy verwag dat Fleur vir Romain oortuig om met Amelda self te trou, anders gaan sy Fleur se geheim verklap. As sy 'n gelukkig einde wil hê, weet Fleur dat sy daarvoor sal moet baklei.

Hierdie is die tweede fantasie uit dié skrywer se pen. Haar eerste fantasieverhaal, Onmoontlike droom, het in 2019 verskyn. Dié keer is daar nie vampiere betrokke nie, en sy skryf eerder 'n moderne feëverhaal waar towerkragte help om harte te wen.

x