Skip to content

Katrien se kreatiewe koeke: Smullekkerresepte en oorspronklike handwerkversierings

by Metz Press
ISBN: 9781928201366
Product in Stock: Yes
Original price R 199.00 - Original price R 199.00
Original price R 199.00
R 199.00
R 199.00 - R 199.00
Current price R 199.00
Add to Wishlist
Hierdie boek wys jou hoe om gewilde kunshandwerktegnieke in koek-versiering toe te pas en met behulp van fondantversiersel, modelleer-pasta, sjokoladedeeg, botterversiersel, ganache en harde versiersel eetbare handwerkitems te skep. Of jy nou 'n bakker of koekversierder is wat nuwe tegnieke wil aanleer om in jou koekversiering te gebruik, of 'n handwerker wat graag wil leer koekbak en -versier, hier is vir elkeen iets van waarde. Katrien werk met plaatkoeke (reghoekige enklellaag-koeke) as basis sodat die koekvorm eenvoudig is en jy kan fokus op die handwerktegnieke wat vir versiering gebruik word. Die koek is die skoon skilderdoek waarop kunswerk geskep word. Die inspirasie vir die versiering kom van papierkuns, mosaiek, borduurwerk, lapdrukwerk, kwlit- en appliekwerk en enige handwerk waaraan jy kan dink. Daar is 18 koekprojekte, plus minikoeke, wat van begin tot einde stap vir stap verduidelik word sodat jy daarvolgens self kreatiewe koeke kan skep. Laaste, maar nie die minste nie, is daar getoetste en flatervrye resepte vir koeke, botterversiersel, ganache en fondantversiersel, asook ontwerpe wat jy vir jou koeke kan gebruik.

x