Skip to content

Kompoun (Paperback)

by Kwela Books
ISBN: 9780795710384
Product in Stock: Yes
Original price R 280.00 - Original price R 280.00
Original price R 280.00
R 280.00
R 280.00 - R 280.00
Current price R 280.00
Add to Wishlist
Ek wil nie soos hulle wees nie, ek wil nie begin lieg oor die verkeerdheid wat in ons familie sit soos taai hare vol soutwater nie.
 
Nadia en haar nefie Xavie word op Groenplaas in die Overberg groot, waar wit, bruin en swart mense apart bly. Hulle word grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”, die een wat die waarheid laat val het soos ’n duur porseleinblompot.
 
Hulle twee probeer die stukkies van die versplinterde waarheid aanmekaar las, die dinge waaroor daar in hul familie geswyg word: oor middelmisbruik en mishandeling, maar ook oor Antie Diana, die verhouding wat sy met ’n swart plaaswerker van die kompoun gehad het en die tweeling aan wie sy geboorte geskenk het.
 
Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies in hul grootwordjare, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde familiebande ’n mens nie maklik laat los nie.

x