Skip to content

Kopskoot (Paperback)

by Rudie van Rensburg
ISBN: 9780795800771
Product in Stock: Yes
Original price R 325.00 - Original price R 325.00
Original price R 325.00
R 325.00
R 325.00 - R 325.00
Current price R 325.00
Add to Wishlist
Toe iemand Kaapstad se ses-en-vyftigjarige mans begin afmaai, is dít kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Dit wil darem baie na ’n reeksmoordenaar lyk – almal dieselfde modus operandi, almal dieselfde ouderdom − maar Kassie is net nie oortuig nie . . .

Boonop word hy aangesê om ’n skouspelagtige skilderyvervalsing te ondersoek, asof hy nie genoeg werk het nie. Hy’t die ingedoende kopers voorheen so mooi gehelp, en hier sit hulle nou in ’n baie groot verleentheid met hul miljoene-rande-belegging wat niks werd is nie. Wie kon so ’n kans gevat het?

En dan’s daar die glibberige aktuaris met die voorliefde vir prostitute – en hy’s óók ses-en-vyftig − wat die leisels van ’n groot maatskappy gaan opneem, as sy afperser nie die oorhand kry nie. Sal Kassie sy aaklige nuwe gesondheidsdieet oorleef om te kan ondersoek hoe dit alles inmekaar steek?

x