Skip to content

Natuur-lik!

by Briza
ISBN: 9780980259926
Product in Stock: Yes
Original price R 70.00 - Original price R 70.00
Original price R 70.00
R 70.00
R 70.00 - R 70.00
Current price R 70.00
Add to Wishlist
In hierdie titel gee die skrywer sy mening oor die ekologiese krisis en beveel aan dat ons ons hele wereldbeskouing verander, nie net ons tegnologie nie. Dit beteken ons ou volkie se pionierstalente kom weer in aanvraag. Hy glo ook parasiete is van groot nut vir die mensdom, want dink net hoe hierdie haglik oorbevolkte planeetjie nou al sou gelyk het sonder malaria! Het u geweet vegetariers is in werklikheid plantmoordenaars? Hulle is erger as vleiseters, want hulle pik op die mees weerlose lewende wesens wat nie eers kan skree of weghol nie. En diereregte-aktiviste is ongelukkig en onvrolik. Hulle het in der waarheid net een doel, en dis om ander mense ewe ongelukkig te maak. En hulle het geld. Soos die ikone van televisie-prediking weet hulle hoe om hulle bydraes uit naiewe ou tannies se sakke te rokkel. Wanneer die dood tersprake kom, glo hy ons instinkte lieg vir ons dat ons liggame onsterflik is. Ons verstand weet ons gaan sterf, maar ons arme instinktiewe liggame glo dit nie.

x