Skip to content

Nellie en Sion

by Claudette Browne Storrar
ISBN: 9780639601489
Product in Stock: Yes
Original price R 130.00 - Original price R 130.00
Original price R 130.00
R 130.00
R 130.00 - R 130.00
Current price R 130.00
Add to Wishlist
’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde

Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word.

Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers.

Hierdie storie gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie.

Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die idee van beletha – die Zulu woord vir iets op jou rug dra.

Deur hulle dinosourusse vir ’n piekniek te neem leer Nellie vir Sion die kuns van beletha en Sion begin besef dat sy klein lewe iets is wat die moeite werd is om te dra.

Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.

x