Skip to content

Die Kapokdokter (Paperback)

by Francois Loots
ISBN: 9781415211106
Product in Stock: Yes
Original price R 290.00 - Original price R 290.00
Original price R 290.00
R 290.00
R 290.00 - R 290.00
Current price R 290.00
Add to Wishlist
Hy staan met sy rug na sy opponent toe gedraai. Die rewolwer in sy hand is gelaai en gereed om afgevuur te word. Tien tree van hom af lê ’n groot, ronde klip. Tien tree na dokter James Barry se ondergang toe.

In 1816 stap dokter James Barry aan wal van die Kaap de Goede Hoop om as ’n militêre chirurg se assistent te werk. Die goewerneur, lord Charles Somerset, is so in sy noppies oor die enigmatiese dokter, dat hy hom ná ’n jaar as sy huisdokter aanstel.

Nie almal deel egter lord Somerset se opgewondenheid oor hom nie. Sy aide-de-camp, kaptein Josias Cloete, is agterdogtig oor James se herkoms. En die ander geneeshere stem nie saam met die veranderinge wat die jong dokter op hul mediese gebied wil aanbring nie. Hy praat dan selfs van ’n keisersnee.

Maar James steek ’n geheim weg, een wat hy ten alle koste wil bewaar. Gaan die tweestryd met kaptein Cloete hom finaal ontmasker?

x