Skip to content

Myne (Paperback)

by C M Christians
ISBN: 9781776358748
Product in Stock: Yes
Original price R 100.00 - Original price R 100.00
Original price R 100.00
R 100.00
R 100.00 - R 100.00
Current price R 100.00
Add to Wishlist

“Ek volg nie die reëls nie, ek maak hulle.”

Sy tong beweeg stadig, tergend oor die kontoere van haar lippe sonder om haar mond gevange te neem. Haar hande gly tot teen sy sagte, dik hare agter in sy nek. Sy weet wat hy van haar verwag: Dat sy hom eerste gaan soen. Maar sy sal nie. Sy mág nie. Clayton Mitchell spel gevaar in hoofletters.

Hul asems is gejaag, rukkend toe sy mond teen haar keel af sak en haar vel begin proe. Sy tong streel die wilde pols in haar nek. Haar vingers vou om sy hare en sy begin stadig, maar ferm sy kop agteroor trek.

“Jy maak ‘n fout as jy dink dat ek hierdie speletjie van jou gaan speel.”

‘n Sexy, lui glimlag kruip om sy mond, sy oë half gesluier.

“Hierdie is nie ‘n game nie. Jy gaan my binnekort smeek om jou myne te maak.”

Clayton kom steel Lida se hart in ‘n oogwink. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit beslis nie hê nie, maar hy het haar lewe binnegeval, gevoelens in haar aangesteek wat sy gedink het vir ewig gesterf het, en ‘n passie aangevuur wat sy nooit geweet het bestaan nie.

As die huidige MotoGP-wêreldkampioen, leef Clayton permanent op die dun rand van adrenalien. Of dit nou óp of áf van die baan is, alles wat hy wil hê is binne sy hande: sukses, gewillige vroue, en al die media-aandag wat ‘n sportster van droom. Hy het alles, behalwe vir Lida. Sý is die uitsondering, want vir die eerste keer val ‘n vrou nie voor sy voete nie.

Hul chemie is onmiskenbaar. Hul aantrekkingskrag is magneties. Maar vir Lida bly Clayton te veel van ‘n risiko. Al probleem is dat daar iets aan Clayton is waarvan sy nie kan, of wíl, wegloop nie.

x