Skip to content

Rooigety

by Bets Smith
ISBN: 9781776352135
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 300.00
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
Current price R 210.00
R 210.00 - R 210.00
Current price R 210.00
Add to Wishlist
Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?

Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën.

Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika? Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019).

x