Skip to content

Rose vir Roselle (Paperback)

by Rosita Oberholster
ISBN: 9780799386950
Product in Stock: Yes
Save 28% Save 28%
Original price R 165.00
Original price R 165.00 - Original price R 165.00
Original price R 165.00
Current price R 119.00
R 119.00 - R 119.00
Current price R 119.00
Add to Wishlist
’n Ontroue verloofde en haglike finansies bring Roselle terug op die familieplaas wat hare sal word wanneer haar twee tantes die dag nie meer daar is nie. Haar eksverloofde se meesterlike vermoë om te manipuleer het egter gevolge wat haar nie toelaat om daardie deel van haar lewe as afgehandel te beskou nie.

Terug hier op La Roseraie lyk dit ook nie asof die spogroosplaas so winsgewend is as wat haar tantes haar laat verstaan het nie, nie meer nie, in elk geval. Droogte het sy tol geëis en mense haal nie meer so baie geld vir hierdie eksotiese blomme uit nie. Boonop het haar tantes ’n swerwer wat vir kos en verblyf werk, ingeneem. Roselle vertrou hom nie eens ’n bietjie nie. Wie is hy en waar kom hy vandaan? En veral, wat soek hy hier? Haar tantes weet nie en hy weier om haar te sê toe sy hom direk vra.

Om vorentoe te boer sal sy die swerwer se hulp nodig hê en sy dood voor sy hom vra. Sy sal self hier moet trou as sy van La Roseraie ’n venue wil maak, spot sy.

x