Skip to content

Sagie se Storie: 'n Drieluik (Paperback)

by Jan van Tonder
ISBN: 9780798183635
Product in Stock: Yes
Original price R 310.01 - Original price R 310.01
Original price R 310.01
R 310.01
R 310.01 - R 310.01
Current price R 310.01
Add to Wishlist
Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel.

In die eerste boek word ons betower deur die weerloosheid en onskuld van Sagie se half-verstaan. Tog weet hy baie van boerdery. En wanneer hy Ansie ontmoet, word sy wêreld volmaak. Hy leer Ansie van die veld en die wonder van die Klein-Karoo. En oplaas loop hy verlies op die lyf.

In Is weer Sagie beleef Sagie opnuut eensaamheid. Klip vir klip begin hy bou aan ‘n huis langs die kleidam vanwaar hy die Dwarsriviervallei en Towerkop mooi kan sien. Hy glo Ansie sal terugkom na hom toe sodra daar rook uit die skoorsteen trek.

En dan, Sagie is. Sagie boer nou alleen op Greundal en kry meer te doen met die goed en kwaad in ander mense. Maar deurentyd bly Ansie in sy kop, al is daar die vertroostende teenwoordigheid van Sofia. Eendag sal hy op die Makkadas-trein klim en na Ansie soek tot hy haar kry.

x