Skip to content

Swartval

by Martin Steyn
ISBN: 9780799380910
Product in Stock: Yes
Original price R 315.00 - Original price R 315.00
Original price R 315.00
R 315.00
R 315.00 - R 315.00
Current price R 315.00
Add to Wishlist
Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar. Dit het begin met ’n blom onder haar motor se ruitveer. Maar die tweede een was dood en toe kom die swart blomme. En nou word sy iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Claire Winters plaas eers haar hoop op haar speurder-broer om haar te kom red. Want hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie.

En Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voor haar brein heeltemal in die swart van die kelder oplos. Die enigste manier uit is deur haar ontvoerder. Net hy kan die kelder se deur oopmaak. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word. Kritici is gaande oor Martin Steyn se verskyning op die toneel van misdaadfiksie. Donker spoor, sy debuutroman, is in 2015 met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningsromans bekroon.

x