Skip to content

Zanzibar Zen

by Queillerie Publishers (Pty) Ltd
ISBN: 9780795802508
Product in Stock: Yes
Original price R 295.00 - Original price R 295.00
Original price R 295.00
R 295.00
R 295.00 - R 295.00
Current price R 295.00
Add to Wishlist
Toe ’n nuuskierige toeris onseremonieel op sy dhow aan Zanzibar se kus vermoor word, reg oorkant waar Giorgio Comaneti sy blinknuwe Zanzibar Zen Casino bou, peul die vreemdste karakters uit die spesery-eiland se tropiese woud. Comaneti se rykman-speelplek gaan die helfte van die Jozani-woud – die bedreigde Colobus-apie se laaste toevlug – uitwis. Dis nou op die skouers van Toast le Roux, omgewingsjoernalis wat die dekadente Oos-Afrika-toerismekongres bywoon, om die stootskrapers betyds te stop.

En waarom soek Comaneti se handlangers, Tjokkie en Bozo, na die apie met die Lions-rugbykeps in sy hand?

Terwyl die eiland se onafhanklikheidstromme al harder dreun, is Toast in ’n stryd teen tyd gewikkel om bewyse van Comaneti se bose planne te vind. Jaagtogte op Vespas deur Stonetown se stegies en ’n dolle rit op Comaneti se superjag na Mafia-eiland bring hom nader aan ’n finale ontmoeting met die ontwikkelaar.

Maar Bozo is reeds op sy spoor. En hy wil net vriendelik met Toast gesels . . .

x