Skip to content

Siembamba Boekpak: Ek Lees Sing-Sing Self (5-in-1) (Paperback)

by Wendy Maartens
ISBN: 9780637001878
Product in Stock: Yes
Original price R 290.00 - Original price R 290.00
Original price R 290.00
R 290.00
R 290.00 - R 290.00
Current price R 290.00
Add to Wishlist
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos "Trippe trappe trone", "Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak" en "Tara-rara boemdery"?

Hierdie omvangryke, pragtig geillustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe segoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies.

Die samesteller, Wendy Maartens, se sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. "Ek het hierdie boeke saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne een boekpak teen die hart gehou kan word. Nerens, maar nerens op ons winkelrakke is 'n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis."

Hierdie is beslis ’n moet-hê-boekpak vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.

x