Skip to content

Wonderlike ware dierestories

by Wendy Maartens
ISBN: 9780799362428
Product in Stock: Yes
Original price R 200.00 - Original price R 200.00
Original price R 200.00
R 200.00
R 200.00 - R 200.00
Current price R 200.00
Add to Wishlist
'n Perd wat kan lees en somme doen?
'n Ysbeer wat 'n kat se lewe red?
'n Duif wat met 'n oorlogsmedalje vereer word?
'n Vark wat haar eienaar se lewe red?
'n Perd wat tekkies dra?
'n Papegaai met 'n woordeskat van meer as 150 woorde?
Klink dit te goed om waar te wees?
In die diereryk gebeur gereeld ongelooflike dinge - en in hierdie bundel kan jy van die mooiste en aangrypendste ware dierestories lees.

Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het en wie se storie reeds geslagte lesers bekoor het.

Op 'n mooi somersdag in November 1928 het Huberta die seekoei se groot pote begin jeuk. Nie die soort jeuk wat bedaar as dit gekrap word nie. 'n Jeuk wat net ophou wanneer 'n seekoei stap. Lees die ongelooflike verhaal van Huberta se verstommende reis.

Elke baas dink sy hond is die mooiste en die soetste en die slimste brak onder die son. Maar het jy al gehoor van 'n hond wat lid van die vloot is, 'n seemanspet dra en met sy eie seisoenskaartjie trein ry? Dis presies wat met bevare seeman, of sal 'n mens sê seewoef, Just Nuisance, gebeur het.

Al gehoor van 'n gorilla wat 'n misdadiger so getakel het dat albei met ernstige beserings in die hospitaal beland het? Dis presies wat Max, 'n gorilla van die Johannesburgse dieretuin, een wintersoggend in 1997 gedoen het.

Van slim diere tot dapper diere - en selfs diere wat wêreldberoemd geword het! Die 31 ware dierestories in hierdie bundel sal jou met nuwe oë na ons dierevriende laat kyk. Wendy Maartens se toeganklike, lewendige vertellings sal jong diereliefhebbers vasgenael hou.

x