Skip to content

Z-A-K: Die reis na Zenkion

by Theresa van Baalen
ISBN: 9780799399752
Product in Stock: Yes
Original price R 190.00 - Original price R 190.00
Original price R 190.00
R 190.00
R 190.00 - R 190.00
Current price R 190.00
Add to Wishlist
ʼn Buitengewone reis na die buitenste ruim ...

Toe Mitch daardie oggend met 'n knop op sy maag wakker geword het, het hy geen idee gehad dat aliens sy tuisdorp sou binneval en sy gesin saam met so baie ander sou ontvoer nie. Nog minder sou hy kon raai dat hy en sy beste vriend Lionel daardie aand die ruimte sou invaar saam met Imke en haar Zenkioniet-vriende. Maar hier is hulle nou, iewers in die ruimte op Akaï-hulle se astrotuig, en Mitch se lewe is op pad om nog méér uitmekaar te val. Hulle ontmoet vir Grol en Slom, twee aliens wat Mitch aan paddas laat dink, en vir Martura en sy makkers, die eenoog-aliens wat hulle gevange neem en op Skurorinok, die alien-swartmark, wil gaan verkoop. Op Skurorinok word Mitch, Akaï en die ander van Lionel en Imke geskei. Sal hy ooit weer vir Imke of Lionel sien? Wat gaan in die geheim op Zenkion aan en hoe pas die ontvoerde Aardbewoners in die prentjie? Sluit by Mitch aan vir 'n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en 'n soeke na antwoorde.

Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.

x